![]() |
|
|
Leon se Kampioen Pampoen Leon Stemmet het in 2006 vir die
eerste keer deelgeneem aan die TLU Goliaat van Gat Suid-Afrikaanse kampioenskap
en dit gewen met 'n reuse pampoen van 176kg. Na dit, het
hy jare spandeer na die beste saad beskikbaar en oor die
internet saad bestel vanaf Amerika. Verlede jaar, is die sade geplant en
die plantjies goed versorg. Die resulteerende pampoene, waarvan
daar 3 was, is vertroetel tot op die einde. Daar is vir hulle
skuilings gebou om hulle te beskerm van die koue en son, en daar is ook seker
gemaak dat daar geen insek naby gewaag het nie. Op 27 Maart van hierdie jaar is
ons vroegoggend uit die vere, en met die pampoene wat met groot moeite die
vorige aand al gelaai is op die bakkie en 'n waentjie, het ons pad gevat na die
jaarlikse Stilbaai Pampoenfees toe. Met ons aankoms, was die
beoordeelaars reeds besig met die weeg van die ander ingeskrewe pampoene, en
ons het, met die hulp van 'n paar omstanders, kreune en diep asems, die
pampoene afgelaai. Hulle is ommiddelik geweeg en sonder enige twyfel
eerste en tweede plek toegeken met 'n gewig van 284 en 274 kg
onderskeidelik. Die derde plek pampoen het maar ingeweeg op 'n
skamele 228 kg. So is Leon weereens as TLU Goliaat van Gat
Suid-Afrikaanse Kampioen bekroon. Die tweede plek pampoen is in Stilbaai
gelaat as deel van 'n uitstalling by die plaaslike OK Foods, wat die hoofborg
was van die Pampoenfees. Hy sal later van tyd opgekerf word en die vleis
sal tussen verskeie behoeftiges verdeel word - natuurlik met die sade wat sal
terug kom Montagu toe. Die eerste plek pampoen is tans by Montagu
Foodzone te sien as deel van hulle pragtige uitstalling. Hy sal ook later
van tyd verdeel word tussen behoeftiges hier in ons gemeenskap. In die toekoms beplan Leon om weer deel te neem aan die kampioenskap en het reeds sy nuwe saad uit Amerika bestel. |
![]() Have your say montagumail@compuservices.co.za Back to Contents Page |